Ek Kan Sorteer En Pas / 1 – 2 jaar
R350,00
Oe, mamma! Jy sal nou vir my kan sê dat jou kombuiskaste, wel eintlik enige rak of laai nie meer lyk soos hoe jy dit gepak wil hê nie, ne?
Dis presies die ouderdom wanneer hierdie ontdekkingstog deur jou kaste begin. En, daarom het ek dit goed gedink om hierdie emmertjie te ontwerp, want jou baba wil nou goedjies uit mekaar uithaal en dit weer bymekaar pas.
Jou 1 jarige baba se brein begin al ooreenkomste en verskille raak sien en dis reeds waarop ons in hierdie emmertjie fokus. Die fokus is dus op die sortering volgens kleure en voorwerpe, die identifisering van hierdie voorwerpe om bymekaar te pas en dan ook Wiskundige aktiwiteite.
3 in stock