In the words of Fred Rogers, “Play is often talked about as if it were a relief from serious learning. But for children, play is serious learning.”

En dit is inderdaard waar. Hier volg ‘n lys van 10 redes waarom speel vir kinders so ‘n ernstige saak is.

1. Speel lê die grondslag vir taalontwikkeling

Wanneer kinders speel oefen hul nuwe geluide en klanke saam met die spesifieke speelding waarmee hul besig is aan. Maats speel ook ‘n belangrike rol hiermee, want hul voeg nuwe woorde by hul eie woordeskat.

2. Speel is leer

Speel vervul ‘n baba se ingebore behoefte aan leer. Daar kan met ‘n volwassene gespeel word, op baba se eie, in ‘n groep of met ‘n ander maat, en elke keer word daar iets van mekaar geleer.

3. Speel moedig volwassenes aan om met die kind te kommunikeer

Wanneer ons ons kinders toelaat en aanmoedig om te speel, maak ons die kommunikasiekanale oop en help dit ons as volwassenes om te weet wanneer om in te gryp en wanneer dit nie nodig is nie.

4. Speel gee kinders die kans om spontaan te wees

Jy mag dalk dink dat ‘n speelding ‘n spesifieke doel het, maar glo my wanneer ons kinders los om met verbeelding te speel, kry ‘n sekere speelding baie keer spontaan ‘n ander kreatiewe doel. ‘n Teestelletjie is dalk in ons oë net vir teedrink, maar wie het gesê dit mag nie ook op mekaar gestapel word of in ‘n patroon langs mekaar gepak te word nie.

5. Speel gee aan kinders keuses

Om genoeg speelgoed en toegang tot speelgoed te hê gee aan kinders die vryheid van keuse en om hulself te vertrou met die keuse wat hul gemaak het.

6. Speel gee kinders ruimte

Dit laat toe dat kinders die geleentheid kry om fisiese beweging, balans, perseptuele vaardighede en hul eie sosiale, emosionele en liggaamlike perke te ontwikkel en te leer ken.

7. Speel gee aan volwassenes die geleentheid om weer te leer hoe om te speel

Dis seker een van die mees uitdagendste dinge om te doen….weer te speel soos ‘n kind. So, laat jouself toe om deel te raak van die speletjie.

8. Speel leer jou om jou kind se lyftaal aan te leer

Wanneer ons werklik deel is van die speelproses, gee dit vir ons die kennis om werklik jou kind beter te verstaan en te lei in optrede van sekere situasies.

9. Speel leer geduld aan

Ons kinders kan soveel geduld aanleer tydens speel wanneer daar gewag moet word vir jou beurt op die swaai, of wanneer die maatjie klaar is met die karretjie is dit my beurt.

10. Speel is PRET

Om te speel is mos pret, en om te leer hoe om werklik te speel, hetsy dit op hul eie of saam met ander maats is, gee aan kinders die selfvertroue om vrymoedig op te tree in ‘n situasie asook die selfvertroue om hulself te laat geld.

error: Content is protected !!