Our buckets are also available in English  //  Click here to start shopping

Alles-In-Een-Besigbly-Emmertjie

Elke emmertjie se doel is om ouderdom spesifieke vaardighede
te ontwikkel, asook persepsies volgens mylpale te stimuleer.

 

Great news! Our buckets are now also available in English!

Koop NouBuy Now

Hallo liewe mamma

Welkom by my blad waar elke emmer propvol leer, speel, pret en oneindige idees en aktiwiteite is.

.
Kom loer gerus na al die oulike emmers wat die oplossing vir jou
langpad herinneringe, stilsit oomblikke of vervelige vingertjies is.

Unieke en kompakte houer wat enige plek vervoer kan word

Ons spog met n veelsydige en unieke houer. Kompak en gerieflik om te vervoer op land, in die lug of oor die see!

Ontwikkeling en stimulasie van kognitiewe denke en perseptuele vaardighede

Elke emmer is noukeurig saamgevoeg om jou kind se kognitiewe denke en perseptuele vaardighede te ontwikkel en stimuleer.

Speeltyd + Leertyd = Wikkelvingers

Dis n som wat enige ouer met ‘n glimlag wil maak! Daar is tussen 12 en 15 aktiwiteite in elke emmer  wat jou kleinding ure sal besig hou!

Hoekom ‘n emmer?

Ek weet hoeveel goedjies ons kinders kan saamvat uit die huis vir ‘n gewone uitstappie (al is dit net om vinnig winkel toe te gaan), wat nog te sê van die langpad.  Wikkelvingers emmertjies is só ontwerp dat dit heeltemal uniek en kompak is, wat dit maklik maak om net te gryp, in die kar te spring en by enige plek gebruik te kan word.

Elke emmertjie se doel is om ouderdom spesifieke vaardighede te ontwikkel, asook persepsies volgens mylpale te stimuleer. Daar is tussen 12 en 15 aktiwiteite binne, met ‘n inligtingsblaadjie wat vir jou as mamma presies verduidelik wat om te doen en wat die uitkoms van elke aktiwiteit is.

Jy sal nie doodgewone speelgoed in jou emmertjie kry nie, maar interessante alledaagse goedjies wat die baba lei om selfstandig en konstruktief besig te bly, terwyl persepsies ontwikkel wanneer hul daarmee speel.

Besigbly-Emmertjies

Koop ons emmertjies aanlyn, met vinnige aflewering of self-optel opsies beskikbaar.
Besoek ons aanlyn winkel vir meer opsies.

My storie

My naam is Marezelda en ek is ‘n gebore opvoeder. Ek is getroud en het 2 pragtige tieners. Saam met hierdie 3 hartsmense van my droom ons groot en deel ons elkeen se suksesse maar ook laagtepunte met mekaar, en so stap hul ook hierdie droompad van Wikkelvingers saam met my.

 

Ek is passievol oor vroeë kinderontwikkeling, en hieruit is baie drome gedroom en idees gevorm.

My heel eerste Graad Een klassie wat ek as nuwe onderwyseres gekry het, was ‘n droom wat waar geword het, nadat ek my studies in die Grondslagfase voltooi het. Vir 14 jaar het ek kindertjies vanaf voorskool tot Graad 3, se lyfies en denkwyses gestimuleer en ontwikkel terwyl ek in die onderwys gestaan het.

Ek het altyd geweet dat onderwys en opvoedkunde my roeping is, maar ook dat ek dit na die volgende vlak wou neem.

In 2014 kry ek die wonderlike geleentheid om my eie besigheid vanaf my huis af te bestuur. Om deel te kon wees van mammas en babas se reis terwyl stimulasie en ontwikkeling plaasvind in ‘n gemaklike atmosfeer was ‘n groot voorreg en dis tydens hierdie hoofstuk in my lewe wat ek werklik my roeping gevind het.

Om programme met aktiwiteite te ontwerp is so lekker uitdaging en die volgende vlak waarvan ek altyd gedroom het.

Na die skryf van 3 opvoedkundige programme het ‘n nuwe program lewe begin kry uit my juffrou-pen. En dis tóé dat Wikkelvingers – Emmers vol leer, gebore is.

Kontak Ons

Ons hoor graag van jou! Kontak ons ​​of vul die kontakvorm hieronder in
en ons sal so gou as moontlik na jou toe terugkom.

Stuur 'n epos

Wikkelvingers span
info@wikkelvingers.co.za

Praat met ons

Marezelda Combrinck
+27 62 411 9564

Volg Ons

Like ons Facebook blad
Volg ons op Instagram

error: Content is protected !!

In samewerking met The Nanny Movement bring ons vir jou ons SPLINTERNUWE Nanny Emmers vol opvoeding en ontwikkelingsgerigte aktiwiteite vir kinders.